Thureos Christen Gemeente Bloemfontein

Christenskap wat werk!

  • Tuis
  • Wat ons glo
    • Omtrent Ons Gemeente
      • Jaarbeplanner
    • Past. Tommy Lessing
  • Vriende van die Gemeente
  • Ondersteun ons Bediening
    • Cart
    • Checkout
    • My account
  • Kursusse en Seminare
    • Inleiding tot die Geesteswêreld
    • A Woman Beyond Compare
    • Basic Training for the Prophetic Ministry
    • Hear God through your dreams
    • How to hear God’s Voice
  • Past. Tommy se Blog
  • Kontak ons
  • Aansoek om lidmaatskap
  • Praktiese Riglyne vir Gebed

Omtrent Ons Gemeente

Wie is ons en wanneer is eredienste?

Thureos Christen Gemeente is‘n charismatiese gemeente in Bloemfontein wat as ‘n huiskerk byeenkom. As jy hou van die intimiteit en familie-wees wat ‘n klein gemeente bied, sal jy sommer tuis voel by ons. Ons hou van praktiese Christenskap – dinge wat maak dat jou Christenskap vir jou werk – bv. ‘Hoe bid mens dat dit sin maak?’ of ‘Hoe klink God se stem nou eintilik?’

Eredienste is Sondag oggende om 09:30 tot ongeveer 11:00 (Reg van toegang word voorbehou).

Daar is ‘n Sondagskool vir kinders jonger as 12 jaar.

Ons is ook by die gemeenskap betrokke. Ons het ‘n motorfietsryers bedieningspunt en past. Tommy is ook as kapelaan by verskeie militêre veterane groepe betrokke.

Wat beteken ‘Thureos’?

Image credit: https://www.slideshare.net

Thureos is die griekse woord vir ‘skild’. Dit is die skild waarna Paulus verwys in Ef 6:16 “Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.” Die besondere skild waarna hy verwys het is langwerpig. Anders as die ronde en kleiner gevegskild, beskerm die Thureos jou hele liggaam teen frontale aanvalle. Die Romeinse soldate het ‘n baie effektiewe gevegstrategie ontwikkel deur die skilde te gebruik om ‘n soliede muur teen frontale aanvalle te vorm, asook deur dit bokant hulle koppe te hou wanneer die vyand hulle met pyle (in sommige gevalle pyle wat in pik gedoop en aan die brand gesteek was) aangeval het. In die praktyk het dit ‘n spreekwoord geword om te sê, “lock shields!” wanneer ‘n aanval dreigend was. Dit het beteken dat almal hulle skilde ingehaak het bymekaar om ‘n sterk muur en dak te vorm sodat daar oorkoepelende beskerming vir die hele groep was.

Dit werk met geloof

Ons glo dat elke gemeente op dieselfde wyse vir mekaar behoort by te staan en te help. Wanneer die wagters op die mure roep, “lock shields!” dan behoort die gemeentelede aktief saam te werk om elke aanval te weerstaan. Anders as ‘n fisiese skild, bestaan die geestelike skild uit geloof. Die beginsel ‘baie bietjies maak bietjie baie’ is hier ook te sprake. Jou geloof alleen voel byvoorbeeld dalk te klein, maar as almal hulle geloof by joune voeg, vorm dit ‘n sterk skild geloof wat baie meer effektief is teen al die aanvalle van die Bose.

Recent Posts

Getrou in die klein dinge

Hoe honger is jy?

Roep my aan in die dag van jou benoudheid

Drie beginsels vir ‘n dieper verhouding met die Here

RSS Vers van die dag:

  • Romans 12:4-5
    “For just as each of us has one body with many members, and these members do not all have the same function, so in Christ we, though many, form one body, and each member belongs to all the others.”

EREDIENSTE:

Indien u in Bloemfontein of omgewing is, is u welkom om ons eredienste op Sondae by te woon. Ons is ‘n onafhanklike charismatiese gemeente. Kuier saam op ons webblad om ons beter te leer ken of kontak ons.

  • Dienstye: 09:30 Sondae
  • Adres: 42 Reid street, Westdene, Bloemfontein
  • Reg van toegang word voorbehou

​

​

Copyright © 2026 · Thureos Christen Gemeente Bloemfontein · Designed by Elizabeth J Photography