Wat ons glo |
|
Die Heilige Christelike Bybel, bestaande uit die ses-en-sestig Boeke van die Ou en Nuwe Testamente, is die volledige en finale geskrewe openbaring van God aan die mensdom en is in sy totaliteit die geïnsipireerde en geopenbaarde Woord van God. Dit is kragtig, met sy eie inherente gesag en is die finale maatstaf en outoriteit in alle sake van geloof en optrede. Die Bybel is volledig betroubaar, vertrouenswaardig en waar, sonder foute.
In eèn God wat van ewigheid tot ewigheid bestaan in drie persone: Vader, Seun en Heilige Gees. Dat Jesus Christus ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria en dat Hy waarlik God en waarlik mens is. Dat God die mens na Sy eie beeld geskape het, dat die mens gesondig het en dat daardeur die straf van die dood – beide fisies en geestelik – oor die mens gekom het; en dat alle mense in sonde ontvang en gebore is. Dat die Here Jesus Christus gesterwe het vir ons sondes, ‘n plaasvervangende offer volgens die Skrif; en dat almal wie in Hom glo, geregverdig word op grond van Sy vergote Bloed. In die liggaamlike opstanding van die Here Jesus, Sy opvaarding na die hemele en Sy huidige lewe as ons Hoëpriester en Advokaat. In die persoonlike wederkoms van Here Jesus Christus. Dat almal wat die Here Jesus in geloof ontvang, wedergebore word uit die Heilige Gees en daardeur kinders van God word. In die opstanding uit die dode van beide die regverdige en die onregverdige, die ewige seën van die gereddenes en die ewige verbanning van hulle wat die aanbod om redding verwerp het. Dat die een ware Kerk bestaan uit die totaal van hulle wat verlos is deur Jesus Christus en wedergebore is deur die werking van die Heilige Gees en dat daarom die wedergeboorte en persoonlike belydenis van Christus, noodsaaklik is vir Kerk lidmaatskap. Dat die Here Jesus Christus twee sakramente ingestel het: die Doop van die Gelowige en die Heilige Nagmaal; wat onderhou moet word. Die Doop van die Gelowige is die onderdompeling van die gelowige in water as ‘n belydenis van sy identifikasie met Christus in Sy dood en opstanding. Die Heilige Nagmaal is deelname aan die eet van die brood en drink van die wyn as simbool van die Redder se gebreekte liggaam en Sy gestorte bloed, om onderhou te word totdat Hy weer kom. |
Ons posisie rondom die vier van Kersfees en ander Christelike dae
Ons gemeente is passievol daaroor om die Christelike dae soos Lent, Goeie Vrydag, Opstandingsdag, Hemelvaartdag, Pinkster en Kersfees te vier en dit ook so aan ons kinders en hulle kinders te leer volgens die opdrag in Deut 6: 7. Ons voel dat die viering van hierdie dae juis ‘n praktiese en sinvolle wyse is om ons lewende geloof na die volgende geslagte oor te dra.
Ons verduidelik ons posisie rondom Kersfees breedvoerig op ons blog. Jy kan die hier lees. Dieselfde argumente kan grotendeels ook op die vier van die ander Christelike dae van toepassing gemaak word.
Die Rom 14 beginsel
Die Rom 14 beginsel dek alle sake wat nie duidelik deur die Skrif toegelaat of verbied word nie (‘die kategorie van twyfelagtige dinge’). Ek glo dat aangesien die Skrif die viering van Kersfees nie duidelik uitsluit nie; die viering daarvan val onder die kategorie van twyfelagtige dinge wat deur die beginsels van Romeine 14 en 1 Korintiërs 8 en 9 gedek word. Samevattend leer hierdie gedeeltes ons die volgende beginsels:
- Elke gelowige moet in sy of haar eie denke oortuig word (Rom. 14: 5).
- Ons mag nie met minagting oordeel of na ander kyk wat nie tot dieselfde gevolgtrekking kom as ons nie (Rom. 14: 3, 4, 13).
- Net soos daar niks fout mee is om begrawe of veras te word nie, so is daar in die tradisionele Kersfees niks fout met die boom, geskenke, kersliedere en versierings nie. Sulke dinge word wat mense hulle maak deur hul eie houding en oortuigings (Rom. 14: 22-23; 1 Kor. 8: 4-8; 10:19).
Die uiteindelike kwessie is ons houding, die redes en hoe ons besluit om die Kerstyd te vier.
Aan die einde moet ons onthou: Dit is Jesus alleen wat red en nie die hou of nie-hou van sekere dae of feeste nie.